Die Bloedrivier Erfenisterrein naby Dundee is waarskynlik een van die uniekste slagvelde van Suid-Afrika. Op 16 Desember 1838 het 464 Voortrekkers met hul agterryers onder die bekwame aanvoering van Andries Pretorius, koning Dingane se ongeveer 10 000 impies onder bevel van Ndlela kaSompisi verslaan.