Die 2026-tariewe van die Bloedrivier-erfenisterrein weerspieël ons voortdurende verbintenis tot die bewaring en instandhouding van hierdie betekenisvolle historiese terrein, terwyl ons ’n toeganklike en waardevolle besoekerservaring bied.

Dagbesoekers

Plaaslik of Internasionaal

Kom maak jouself tuis

Gastehuis, kampering of slaap in 'n ossewa

Kom hou jou byeenkoms hier

Fasiliteite

Dagbesoekers

Dagbesoekers is welkom om die Bloedrivier-erfenisterrein 7 dae ’n week van 08:00–16:00 te verken. Kom ontspan met ’n rustige piekniek, geniet ’n stap op die terrein, loer in by die Smouswa en sluit jou besoek af met ’n heerlike ete by ons Trekkerkombuis. ’n Ideale uitstappie vir die hele gesin.

Plaaslik 

Volwassene

R5000
  • Per persoon

Studente/Kinders

R3000
  • Per kind/student

Skoolgroepe

R3000
  • Per kind

Erfenisheffing

R2000
  • Per voertuig

Internasionaal

Volwassene

R6000
  • Per persoon

Studente/Kinders

R4000
  • Per kind/student

Erfenisheffing

R2000
  • Per voertuig

Kom maak jouself tuis

Vir besoekers wat langer wil vertoef, bied die Bloedrivier-erfenisterrein unieke verblyfopsies op die terrein. Kies tussen ons gerieflike Gastehuis, rustige kampeerplekke, of ’n onvergeetlike ervaring om in ’n ossewa te oornag. Elke opsie bied ’n besonderse manier om die geskiedenis en stilte van die terrein ten volle te beleef.

Gastehuis

Kamers

R55000
  • Per persoon per aand

Selfsorgwoonstel (4 persone)

R1 50000
  • Per aand

Selfsorgwoonstel (6 persone)

R1 80000
  • Per aand

Kampterrein

Staanplek

R10000
  • Per staanplek per aand

Volwassene

R8000
  • Per persoon per aand

Kinders

R5000
  • Per kind per aand

Addisionele Voertuig

R2000
  • Per voertuig per aand

Bronswalaer

Slaap in 'n ossewa

R15000
  • Per aand

Kom hou jou byeenkoms hier

Die Sarel Cilliers Geloftesaal is beskikbaar vir die verhuring van verskeie geleenthede en vieringe. Die saal is ideaal vir danse, troues, verjaarsdae, huweliksherdenkings en ander spesiale funksies, en bied ’n betekenisvolle ruimte waar geskiedenis en feesviering mekaar ontmoet. ’n Gepaste keuse vir onvergeetlike oomblikke in ’n unieke erfenisomgewing.

Die Sarel Cilliers Geloftesaal

Fasiliteitverhuuring

R300000
  • Per dag

Bespreek nou

Bespreek nou jou akkommodasie of beplan jou volgende besoek aan die Bloedrivier-erfenisterrein en ervaar ’n plek waar geskiedenis, rus en gasvryheid saamkom. Ons sien daarna uit om jou te verwelkom vir ’n betekenisvolle en onvergeetlike besoek.