Fasiliteite

Opvoedkundige uitstappies:

  • Groepe kan die DVD oor die Slag van Bloedrivier sien en daarna die terrein besoek.
  • Skoolgroepe met hul eie slaapsakke is welkom om te oornag – begeleide toere en spesiale tariewe kan beding word. Vooruitbesprekings is noodsaaklik.

Baie historiese gebiede in die omgewing. Dit sluit in die Groot Trek, die Anglo-Zoeloeoorlog van 1879 en die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902.

Die Smouswa-geskenkwinkel

Die “Smouswa” is ‘n geskenkwinkel wat spesialiseer in memorabilia vanuit die Voortrekker-era, asook boeke en poskaarte.

Die Trekkerkombuis-restaurant

Bedien tradisionele disse. Ontbyt, middagete en aandete kan bespreek word. Groepetes vir bv. Sondagmiddae kan ook bespreek word. Kapasiteit: 40 – 50 persone. Gelisensieerde kontantkroeg: bedien ‘n verskeidenheid wyn en bier.

Verblyf

3-ster-oornagverblyf (4 en suite kamers).  Bed en ontbyt (toegangsfooie uitgesluit: volwassenes: R45,00, kinders: R25,00, voertuig: R20,00) Aandete is beskikbaar tot 19:00 indien dit vooraf bespreek word.

154 Kampeerplekke met elektrisiteit en warm water in die ablusieblok met opwasgeriewe.

Skoolgroepe

Saal- of waverblyf: Op aanvraag

Maaltye: Op aanvraag

Gidse beskikbaar: Op aanvraag

Saal

Ons saal is te huur

Besoek ons Facebook Blad   I   © 2021 Bloedrivier. Alle regte voorbehou.