Belangrike inligting:
Ons dagbesoekersfooie beloop R50 per volwassene, R30 per kind onder 13 jaar, en R20 per voertuig. Internasionale toeriste betaal R60 per volwassene en R40 per kind. Parkeerfooie beloop R20 per voertuig.
Die Trekkerkombuis-restaurant sal op versoek tot 19:00 oop wees, maar slegs vir bevestigde besprekings.

Skoolgroepe
Opvoedkundige uitstappies:
Die Bloedrivier erfenisterrein het baie historiese gebiede in die omgewing. Dit sluit in die Groot Trek, die Anglo-Zoeloeoorlog van 1879 en die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902.
- Groepe kan die DVD oor die Slag van Bloedrivier sien en daarna die terrein besoek.
- Skoolgroepe met hul eie slaapsakke is welkom om te oornag in die Sarel Cilliers Geloftesaal of in die Brons walaer.
- Maaltye is beskikbaar op aanvraag.
- Begeleide toere en gidse is beskikbaar op aanvraag. Kontak ons vir pryse en meer inligting. Vooruit besprekings is noodsaaklik.
Die Trekkerkombuis-restaurant
Kom ervaar Afrikanergasvryheid by die Trekkerkombuis-restaurant en smul aan ons verskeidenheid tradisionele disse. Ontbyt, middagete en aandete kan bespreek word. Groepetes vir bv. Sondagmiddae kan ook bespreek word. Kapasiteit: 40 – 50 persone. Gelisensieerde kontantkroeg: bedien ’n verskeidenheid wyn en bier.


Die Smouswa-geskenkwinkel
Die Smouswa-geskenkwinkel het ’n verskeidenheid aandenkings wat besoekers kan koop om hul kuier by die Bloedrivier erfenisterrein te onthou. Memorabilia vanuit die Voortrekker-era, asook boeke en poskaarte is te koop en natuurlik het ons lekkers en koeldranke te koop vir besoekers wat kampeer of net kom inloer. Daar is ook braaihout, “blitz”, beperkte kruideniersware soos melk, koffie, suiker en ander benodigdhede vir diegene wat dalk ietsie vir die kamp agtergelaat het by die huis.
Die Sarel Cilliers Geloftesaal
Die saal op ons terrein kan 900 mense akkommodeer. Jaarliks word die Geloftediens in die saal gehou, maar kan uitverhuur word vir funksies, konferensies, skoolgroepe, troues, danse en soveel meer. Daar is badkamerfasiliteite beskikbaar, ’n kroegtoonbank en is rolstoelvriendelik. Kontak ons vir meer inligting.

