Beleef die Bloedrivier-erfenisterrein op ’n unieke manier en oornag op hierdie gedenkwaardige plek. Ons bied netjiese, bekostigbare akkommodasie vir besoekers wat langer wil vertoef en die terrein in alle rustigheid wil verken. Verblyf sluit chalets en kampeergeriewe in, ideaal vir gesinne, groepe en individue.

Hier kry jy die geleentheid om jou in die geskiedenis te verdiep, stil te word, en die betekenis van die terrein op ’n meer persoonlike vlak te ervaar. Of jy hier is vir refleksie, navorsing of net ’n rustige wegbreek, jy is welkom.

Gastehuiskamers

Die Bloedrivier-erfenisterrein beskik oor vier gerieflike gastehuiskamers vir besoekers wat ’n stil en betekenisvolle wegbreek soek.  Elke kamer is toegerus met ’n yskas, mikrogolfoond en ketel met ‘n koffiestasie. Daar is ook natuurlik braaigeriewe beskikbaar.  Dit is ideaal vir individue, paartjies of klein groepe wat nader aan die geskiedenis wil leef.

’n Heerlike ontbyt is ingesluit by jou verblyf, sodat jy die dag reg kan begin voor jy die terrein en sy ryke erfenis verken.

Die volgende kamers is beskikbaar:

Hans Dons de Lange-kamer

Hierdie ruim en gerieflike kamer bied slaapplek vir tot drie gaste en is toegerus met ’n dubbelbed en ’n enkelbed – ideaal vir ’n klein gesin of ’n groep vriende. Die kamer beskik oor ’n en suite-badkamer met ’n stort, en is netjies ingerig vir ’n rustige en gemaklike verblyf.

Ontbyt is ingesluit, sodat jy elke oggend vars en vol energie kan begin terwyl jy die Bloedrivier-erfenisterrein verken. Die Hans Dons de Lange-kamer bied nie net rus nie, maar ook ’n unieke geleentheid om in die geskiedenis van dié besondere plek te leef.

Andries Pretorius-kamer

Die Andries Pretorius-kamer is ideaal vir twee gaste en beskik oor twee enkelbeddens – perfek vir vriende, reisgenote of familie wat saam reis. Die kamer het ’n en suite-badkamer met ’n bad, wat die ideale plek bied om na ’n dag van verkenning te ontspan.

Gaste kan uitsien na ’n smaaklike ontbyt wat by die verblyf ingesluit is.

Karel Landman-kamer

Die Karel Landman-kamer bied knus en gerieflike verblyf vir twee gaste en is toegerus met ’n dubbelbed – ideaal vir paartjies of solo-reisigers wat op soek is na rus in ’n historiese omgewing. Die en suite-badkamer het ’n stort en die kamer is netjies ingerig vir ’n ontspanne wegbreek.

Ontbyt is ingesluit en word daagliks voorgesit om jou ’n energieke begin aan die dag te gee.

Sarel Cilliers-kamer

Die Sarel Cilliers-kamer bied gemaklike slaapplek vir tot vyf gaste en is ideaal vir gesinne of kleiner groepe. Die kamer is toegerus met een dubbelbed en drie enkelbeddens, en beskik oor ’n en suite-badkamer met ’n bad – perfek vir ontspanning na ’n dag se verkenning van die erfenisterrein.

Dié kamer is vernoem na die geloofsleier Sarel Cilliers en weerspieël die eenvoud en karakter van sy tyd.

Wenkommando-selfsorgwoonstel

Die Wenkommando-selfsorgwoonstel is ’n ruim en volledig toegeruste eenheid wat ideaal is vir gesinne of groepe van tot ses gaste. Die woonstel beskik oor een dubbelbed en vier enkelbeddens, met genoeg spasie vir almal om gemaklik te ontspan. Die en suite-badkamer het ’n bad – perfek vir ’n rustige afskakeling ná ’n dag vol ontdekking.

Die eenheid is ten volle toegerus vir selfsorg, met ’n kombuis en leefarea wat alles bied wat jy nodig het vir ’n gemaklike verblyf.

Kampterrein

Die Bloedrivier-erfenisterrein bied ’n groot, netjiese kampterrein met 180 staanplekke, elk geskik vir maksimum ses gaste en een voertuig. Elke staanplek is toegerus met kragpunte, braaigeriewe en toegang tot skoon ablusiegeriewe, wat dit ideaal maak vir gesinne, groepe of individue wat die geskiedenis van naby wil beleef – onder die sterrehemel.

Die dagtarief sluit toegang tot die museum in, sodat jy maklik die terrein kan verken tydens jou verblyf. Gaste wat meer as een voertuig per staanplek wil gebruik, sal ’n addisionele R20 per voertuig per nag betaal.

Bronswalaer

Ervaar iets besonders met ’n oornagverblyf in die ikoniese Bronswalaer van Bloedrivier, waar 64 bronswaens in ’n historiese laer gerangskik is – presies op die plek waar die oorspronklike laer in 1838 tydens die Slag van Bloedrivier gestaan het.

25 van die 64 ossewaens is toegerus met matrasse en kan elk twee gaste akkommodeer, vir ’n totaal van 50 gaste. Dié unieke verblyf bied jou die kans om letterlik tussen die geskiedenis te slaap.

Elke wa is toegerus met:

  • Matrasse vir twee persone

  • Toegang tot netjiese ablusiegeriewe met warm water en opwasareas

  • Braaigeriewe vir buitelewe-gerief

Belangrik: Gaste moet asseblief hul eie beddegoed saambring.