Die Slag van Bloedrivier Erfenisterrein naby Dundee is waarskynlik een van die uniekste slagvelde van Suid-Afrika. Op 16 Desember 1838 het 464 Voortrekkers met hul agterryers onder die bekwame aanvoering van Andries Pretorius, koning Dingaan se ongeveer 16 000 impies onder bevel van Ndlela kaSompisi verslaan.

BELANGRIKE KENNISGEWING:
Bloedrivier Gastehuis neem tans nie besprekings nie, aangesien ons besig is met herstelwerk ná skade wat deur ‘n onlangse storm veroorsaak is. Ons waardeer jul geduld en ondersteuning en sien uit daarna om binnekort weer gaste in ons pragtige omgewing te verwelkom. Hou ons blad dop vir terugvoer!

Wat kan jy sien? 

Op die aand van 15 Desember lê Sarel Cilliers vir die eerste keer die Gelofte met ’n Bybel in die hand af. Die Voortrekkers het ’n wonderwerk nodig gehad: om ’n veldslag van 464 man teen 16 000 magtige Zoeloe-krygers te oorwin. Die oorwinning van die Voortrekkers word deur baie vandag as ’n wonderwerk en ingryping van Bo beskou. ’n Groot mislaag om die laer het die Zoeloes mislei en gemaak dat die laer nie gesien kon word nie. Teen dagbreek was die Voortrekkers gereed om aan te val. Duisende Zoeloe-krygers is deur die Voortrekkers se wapens die rivier ingedryf in ’n poging om te ontsnap. Daar word vertel dat die rivierwater rooi gekleur het van die krygers se bloed.

Kom beleef self en sien in jou geestesoog:

  • Die spesifieke plek waar die bekende Gelofte op 15 Desember 1838 afgelê is
  • Een van die uniekste slagvelde in Suid-Afrika
  • ’n Museumuitstalling wat die geskiedenis van Bloedrivier vertel
  • ’n Unieke brons walaer wat die oorspronklike laer en ligging voorstel, asook ’n granietwa-monument
  • ’n Uitstalling oor die Zoeloekultuur oorkant die rivier by die Ncome-museum
  • ’n DVD in die museum oor die Slag van Bloedrivier, 16 Desember 1838

Die Voortrekkermonument bestuur die terrein sedert 2002. Besoekers kan uitsien na ’n interessante besoek aan die verskillende monumente op die terrein, die museum, die geskenkwinkel, die gastehuis met vier en suite-slaapkamers en die Trekkerkombuis-restaurant wat rus en voedsel vir liggaam en siel bied.

Fasiliteite 

Wat is beskikbaar op die terrein?

  • Die Smouswa-geskenkwinkel
  • Die Trekkerkombuis-restaurant: Ontbyt, middagete en aandete kan bespreek word. Groepetes vir bv. Sondagmiddae kan ook bespreek word.
  • Tradisionele boerekos
  • Kampeerplek met kragpunte en warm water in die ablusiegeriewe asook plek om skottelgoed te was.

Kontak ons 

Terreinbestuur en besprekings:

Landlyn: 034 632 1695

Nauurs: 084 288 3322 of 074 266 3025

Posadres: Posbus 945, Dundee, 3000

E-pos vir besprekings: judean@kultuurtuiste.org.za